writing community
Sign In Here | Lost Password | FREE Sign Up
E-mail: Password:
Remember login  
The place for writers:
Upload your writing in minutes, receive peer feedback from other writers, poets, authors, then get your work published out there in the real world.       Learn how other writers are doing it.

 
elmarie
Elmarie Rossouw
South Africa

Words: 544
Access: Public
Comments: 0

Forward to a friend
Print Version
E-mail this writer E-mail this user 
View Author profile
Add to Readers  




Christina se Kar

Christina se kar is zef. Daarom besluit sy om haar Zeffie te noem Sy is nie een honderd persent seker nie, maar sy dink sy's moontlik die vyfde eienaar. Daar is 'n sonverbleikte bufferplakker wat lees: I owe I owe it's off to work I go. I mean, really That is so three decades ago! Die kar is 'n skakering van opgooigroen met 'n posbusrooi linker voordeur wat op een of ander stadium 'n ou veroeste deur moes vervang het. In die agter venster is twee groot gate waar daar op 'n kol draadloos speakers was. Op sy dae was Zeffie seker 'n baie aanvaarbare model, maar dit was in 'n ander era.

Christina se geaardheid is baie soos haar kar. Een dag sal sy meganies gehoorsaam wees en die ander dag sal sy besluit - tot hier toe en nie verder nie. Christina kan maar die aansluiter draai en draai tot sy pers is, maar die kar sal nie vat nie. So ook is Christina se nukke en giere. Party oggende sal sy net daar in die bed bly lê en gou werk toe bel met een of ander verskoning. Met 'n tydskrif in een hand en 'n sigaret in die ander sal sy die res van die dag in die bed deurbring. Maar die dag wat Christina besluit sy wil spark, is daar geen keer aan haar nie. Sy sal haar woonstel van hoek tot kant skoonmaak, die katsand uitgooi en nog haar toonnaels verf voor sy werk toe gaan. En by die werk sal sy haar baas begroet met koffie en die oggendblad se hoofopskrifte. Dan sal sy haar take voor middagete afhandel en die middag toewy aan 'n ordentlike skoonmaaksessie van die kantoor. Na werk sal sy by die gym stilhou en seker maak dat Zeffie op 'n steilte staan sodat sy haar vorentoe kan rol om aan die gang te kry. Net vir ingeval! Daar was genoeg sulke embarrassing dae.

Vandag egter is Zeffie weer vol stront en dit maak Christina ook moeilik. Sy vermoed dis die battery en besluit maar om voet te slaan na die naaste dienssentrum twee blokke van haar woonstel af. Die man by die motorhawe maak haar dag ook nie makliker nie. 'Waar is die battery nou?' vra hy ongeduldig.
'By Zef..,uh.. by my kar.' Sy wil nog iets brom maar hou haar maar nederig en verleë.
'Wag vir my daar by die bakkie,' wys die man sy hand na die diensvoertuig van die motorhawe.

Wanneer sy omdraai is dit egter nie die diensbakkie wat sy raaksien nie. Haar hart voel of dit by haar keel wil uitspring. Dis asof hy stip in haar oe kyk en sy voel of haar knieë inmekaar wil sak. Wanneer laas het sy so gevoel? Sy kan haar nie keer nie en beweeg nader aan hom. Haar hande wil oor hom streel en gly. Hy laat haar hart vinniger klop. Sy weet op daardie oomblik sy wil haar lewe met hom deel.
Dis die mooiste Fordjie wat sy in 'n lang tyd gesien het. En wanneer sy voor hom staan sien sy die prysetiket wat oor die truspieëltjie hang, en knik instemmend. 'Jy's myne, Ford. Dis tyd vir Zeffie om af te tree.'

Want to comment on this Short Stories?
Sign up to Edit Red and you will be able to comment on Short Stories and get access to: Upload your own stories and poems, get readers and their feedback, promote your work...
Sign up






[Back to top]

Sponsored Ads


By elmarie

Featured Writers

Advertising - Terms & Conditions - Short Story Submissions - Contact - Writing Competitions - Writing Links - Book Promotion - Sky-Tribe.com - alanemmins.com
  Member short stories, poems, comments and other contributions are owned by the poster.
Copyright 2003 - 2007 Edit Red I/S