Brak
Langs die pad
deur die platteland
van my bestaan
lê ’n brak platgetrap,
nét gisteraand
toe die sekelmaan
halfmas hang
en die wêreld silwer
sit en kyk hoe
ek en jy
elk
ons eie gang moes gaan.
So lê hy daar
die stomme brak,
sy vrek
dof vasgevang in halfoop oë
en in sy bek
sy lewensbloed
nou afgekoel
en dik gestol
in donker poel
en ek wéns
Ek wéns hy was jy.
Ek wéns hy was jy.
Die Here hoor hoe wens ek hy was jy.
Want to comment on this Poetry?
Sign up to Edit Red and you will be able to comment on Poetry and get access to: Upload your own stories and poems, get readers and their feedback, promote your work...
|
 |
|